Boek 2 Vooraf

By boek 2 word dieselfde patroon as by boek 1 gevolg – dat aanvullende bronne by die onderskeie afdelings en onderafdelings op hierdie webblad geplaas word.  Dit word ook duidelik gemerk Addisionele verwysings en teksgedeeltes – BOEK 2.

Maar by boek 2 kom ʼn verdere bronnelys by omdat die saamgestelde bronnelys as gevolg van die navorsingsproses bloot te veel ruimte in die gedrukte weergawe van die boek opgeneem het en die boek daardeur onbekostigbaar (sou) geword het. Die bronnelys in die boek self is daarom beduidend verkort. Boek 2 het gevolglik twéé bronnelyste: een in die boek self (bl. 1053-1146) en een op hierdie webblad.

Die bronne wat in die bronnelys in die boek self opgeneem is, bevat daarom slegs die kernbronne (boekpublikasies, artikels uit akademiese tydskrifte, verhandelinge en proefskrifte, asook enkele ander toepaslike bronne) en die res van die bewysmateriaal (oorwegend berigte uit koerante, tydskrifte, internetpublikasies) word dan op die webblad www.storievanafrikaans.co.za geplaas. Dit word aangedui as Uitgebreide bronnelys – Boek 2.

Dit is belangrik dat lesers besef dat alle bronne wat hulle wil opvolg of wil kontroleer, gevolglik nie noodwendig in die boek self sal wees nie, maar moontlik op hierdie webblad as dit nie in die boek te vind is nie.

Die bronne vir die twee bronnelyste is in die totaliteit chronologies genommer en daarom is dit moontlik dat ʼn bron gemerk met ʼn a in die bronnelys in die boek self kan voorkom en verdere bronne van dieselfde outeur gemerk met ʼn b of c weer in die webbladlys. Die bronne vorm wel gesamentlik ʼn eenheid en dit moet as sodanig hanteer word.