Inleidende Nota

Inleiding

Die webblad wat u oopgemaak het en moontlik wil gebruik, is ʼn nuutjie vir boeke in Afrikaans. Hier onder word uiteengesit hoekom dit die geval is.

Dit is bedoel as ʼn aanvulling vir die inhoud van die twee boekdele van Die storie van Afrikaans: Uit Europa en van Afrika. Biografie van ʼn taal, wat onderskeidelik in Oktober 2017 en waarskynlik Julie/Augustus 2018 deur Protea Boekhuis gepubliseer sal word.

Bestel u eksemplaar aanlyn by www.proteaboekwinkel.co.za of by u naaste boekwinkel.

Hiermee die buiteblad van die boekdele soos dit gaan lyk by verskyning.

BOEKDEEL 1: Die Europese geskiedenis van Afrikaans

BOEKDEEL 2: Die Afrikageskiedenis van Afrikaans

[Tans nog in proses]


Vir beter gebruik en om deur die inhoud van die webblad te navigeer, word die inhoudsopgawe van die twee boekdele ook opgeneem soos dit beskikbaar raak.

Kliek hier vir die inhoudsopgawe van boekdeel 1

Inleidende opmerking tot die totstandkoming en gebruik van die webblad

Die skryf van die boek(e) was ʼn omvattende en tydrowende proses, wat oor ʼn lang tyd geskied het. Die werklike skryfwerk het plaasgevind in die tydperk Januarie 2013 tot April 2016, waarna die proses van voorbereiding van die manuskrip vir publikasie begin het. Tydens hierdie proses was dit kort voor lank duidelik dat die aanvanklike ambisieuse plan om die toepaslike geraadpleegde bronne by elke onderafdeling aan te dui as moontlike opvolg- en kontroleleeswerk, prakties gewoon nie haalbaar was nie.

Die uitgewer (Protea Boekhuis, Pretoria) het twee uiters geldige redes hiervoor gegee:

  1. Dit sou weens koste-oorweging nie moontlik was nie omdat dit die boek se omvang met heelwat bladsye (ongeveer 150 bladsye ekstra per deel) sou laat toeneem het en dit sou gewoon die boek se prys onbekostigbaar maak vir die potensiële lesersmark.
  2. Die konstante aandui van aanvullende bronne sou die leesvloei van die teks raak. Lesers kan naamlik die aandui van die bronne (wat waarskynlik vir baie nie van nut sou wees nie omdat dit as ʼn vanselfsprekendheid aanvaar sou wees) steurend vind in die leesproses omdat die gemaklike oorgang van een deel na ʼn ander kon raak.

Daar moes dus ʼn ander plan gemaak word, een wat die skrywers se behoefte aan deeglikheid en die uitgewer se versoek om praktiese haalbaarheid sou pas.

Die veld wat deur die boek gedek word, betrek ʼn uitgebreide literatuur van ouer en meer onlangse bronne en ons moes daarom werklik ons net baie wyd span om reg te laat geskied aan dit wat oor die veld gepubliseer is.

Ons het probeer om alles wat enigsins ter sake is vir die ontwikkel van die argumente, te raadpleeg. Ons weet goed dit is nie werklik moontlik nie, maar ons wou graag so wyd as moontlik konsulteer ten einde ons argumente, en veral die ontwikkel van ons argumente en hoe ons tot ons gevolgtrekkings gekom het, te steun.

Ons het gevolglik wyd gelees en wyd gekonsulteer, in soverre as wat ons tyd en middele ons toegelaat het.

  • check
    In studies wat daarop gemik is om die geskiedenis te weerspieël (wat terugkyk inhou, maar ook vooruitkyk raak), word bronne van ʼn uiteenlopende aard en oor ʼn breë spektrum gebruik: argivale bronne, ouer boeke, akademiese artikels (oud en resent), verhandelings, proefskrifte, koerantartikels, briewe in koerante, internetberigte, kongresreferate, e.s.m.
  • check
    Dit is die gebruik om in hierdie soort studies (geskiedenis) hoofsaaklik gebruik te maak van ouer argivale of geëvalueerde bronne as die primêre bronne, maar dit het sy beperkings omdat dit grotendeels op die dokumenteer van wat reeds verby is, gefokus is. Hierdie ouer bronne is wel van kardinale belang in hierdie soort navorsing.
  • check
    In ʼn studie oor die geskiedenis moet beslis ook vooruit gekyk word (dit wil sê voorspel word wat vorentoe kán gebeur aan die hand van historiese tendense) en met die oog hierop moet ʼn navorser noodwendig gebruik maak van meer populêre sekondêre bronne van ʼn meer resente aard, soos koerant- en tydskrifpublikasies (artikels, meningstukke, briewe van lesers), van internetbronne (webblaaie van media-instansies, museums, universiteite, navorsingsinstansies, ens.) asook standpunte van rolspelers en meningsvormers in die veld, ens. Hierdie bronne dui tendense aan wat nie geïgnoreer kan word nie, want in enige studie oor die geskiedenis is ʼn blik op die toekoms ook hoogs ter sake. Dit is ook in hierdie projek die geval.
  • check
    Dit is verder nie moontlik om alle bronne – en daar is beslis heelwat meer as wat ons uiteindelik opgeneem het in die twee boekdele se bronnelyste asook op hierdie webblad – wat reeds oor die onderwerp gepubliseer is, hier te laat verskyn nie. Daar is nog heelwat meer as wat ons kon opspoor en gebruik.
  • check
    Elke bron wat aangedui is, is wel deeglik geraadpleeg in die skryfproses, selfs al is dit net ter opvolging of ter stawing van ʼn sekere punt. Verder het die outeurs ook uit die magdom beskikbare bronne ʼn keuse gemaak van wat redelik en realisties is om in die loop van die skryfproses te betrek. Wat die leser(s) derhalwe kry, is ʼn weerspieëling van hoe ons as outeurs die onderwerp van die boek benader het met inagneming van ons eie agtergronde, belangstellings, kundigheid en ervaring.

Daar is uiteindelik besluit om slegs enkele kernbronne aan die einde van ʼn afdeling of onderafdeling in ʼn hoofstuk aan te dui en die res ter verdere ondersteuning van die betrokke afdeling elders beskikbaar te maak. Die bronne wat in die boek self aangegee word, is die bronne wat volgens ons oordeel met gemak geraadpleeg kan word ter stawing van ons uiteensetting in die betrokke afdeling.

Daar is gevolglik besluit om ʼn digitale ruimte (oftewel webblad) te ontwikkel ter aanvulling van die aandui van kernbronne in die teks self. Dit behels die volgende:

  • check
    ​Die toepaslike aanvullende bronne per afdeling word aangedui sodat dit deur potensiële lesers wat graag bevestiging vir feite of stellings sou wou kry of selfs meer van die betrokke afdeling se inhoud sou wou weet, geraadpleeg kan word.
    Die toepaslike aanvullende bronne per afdeling word aangedui sodat dit deur potensiële lesers wat graag bevestiging vir feite of stellings sou wou kry of selfs meer van die betrokke afdeling se inhoud sou wou weet, geraadpleeg kan word.
  • check
    ​Die res van die tersaaklike bronne per afdeling kom dus op hierdie webruimte voor.
    Die res van die tersaaklike bronne per afdeling kom dus op hierdie webruimte voor.
  • check
    ​Dit word ook per afdeling aangedui en kan maklik gevind word deur gewoon die onderafdelingnommer te gebruik.
    Dit word ook per afdeling aangedui en kan maklik gevind word deur gewoon die onderafdelingnommer te gebruik.
  • check
    ​Wenke oor hoe u die lys kan gebruik word, word onder die hofie GEBRUIKSWENKE aangegee.
    Wenke oor hoe u die lys kan gebruik word, word onder die hofie GEBRUIKSWENKE aangegee.
  • Die res van die tersaaklike bronne per afdeling kom dus op hierdie webruimte voor.
  • Dit word ook per afdeling aangedui en kan maklik gevind word deur gewoon die onderafdelingnommer te gebruik.
  • Wenke oor hoe u die lys kan gebruik word, word onder die hofie GEBRUIKSWENKE aangegee.
  • Hierdie ruimte bring ʼn verdere voordeel mee, naamlik dat nuwe bronne voortdurend bygevoeg kan word.

    Dit gebeur ook ruimskoots soos ons bewus word van nuwe bronne, asook van bronne wat ons dalk nie betrek het in die oorspronklike skryfproses nie. Op hierdie wyse word daar ʼn konstante stroom van nuwe publikasies toegevoeg op die webblad self.

    Lesers wat bewus is van bronne wat moontlik ook hier aanvullend ondersteunend gebruik kan word, word daarom uitgenooi om ons hieroor in te lig. Ons sal dit dan graag op hierdie webblad opneem. Sodoende bou ons saam aan ʼn omvattende bronnelys oor die veld.

    Stuur in hierdie verband ʼn e-pos aan bronne@??? met die bibliografiese inligting soos in die onderstaande voorbeelde:

    • check
      ​Bolanos, K. 2016. A Descriptive Grammar of Kakua. A language of Northwest Amazonia. Utrecht: LOT Publications.
      Bolanos, K. 2016. A Descriptive Grammar of Kakua. A language of Northwest Amazonia. Utrecht: LOT Publications.
    • check
      ​Kertész, A. 2017. The Historiography of Generative Linguistics. Tübingen: Narr Francke Attempto Verlag GmbH + Co.
      Kertész, A. 2017. The Historiography of Generative Linguistics. Tübingen: Narr Francke Attempto Verlag GmbH + Co.
    • check
      ​Dessing, M. 2017. Ieder vuurt je moet worden aangewakkerd. Staat van die Unie over Nederlands in de wereld. Ons Erfdeel, 60(1): 12-19.
      Dessing, M. 2017. Ieder vuurt je moet worden aangewakkerd. Staat van die Unie over Nederlands in de wereld. Ons Erfdeel, 60(1): 12-19.
    • check
      ​Van Rooy, W. 2017. De onmogelijke relatie van de Vlaming met het Nederlands. Geplaas 15 Junie 2017. http://www.neerlandistiek.nl/2017/06/de-onmogelijke-relatie-van-de-vlaming-met-het-nederlands/
      Van Rooy, W. 2017. De onmogelijke relatie van de Vlaming met het Nederlands. Geplaas 15 Junie 2017. http://www.neerlandistiek.nl/2017/06/de-onmogelijke-relatie-van-de-vlaming-met-het-nederlands/

    Ons sal ook mettertyd ʼn ruimte (ʼn soort vorm) ontwerp waar u self die nuwe bronne kan byvoeg.

    Kom verder gerus met voorstelle vorendag oor hoe ons die webblad kan verbeter en selfs meer gebruikersvriendelik kan maak. Stuur dan ook ʼn boodskap aan die bogenoemde e-posadres sodat ons dit kan oorweeg vir plasing of u kan kontak vir verdere verheldering.

    In die lig van wat hierbo uiteengesit is, is hierdie boek dus ‘anders’ as ander boeke wat alles wat ter sake is, direk opneem in die boek self, hetsy deur ʼn verwysing, ʼn aanvullende leeslys aan die einde van ʼn hoofstuk of in voet- of eindnote, wat dan weerspieël word in die boek se bronnelys.

    Ons doen dit egter anders met ons manier van doen omdat ons graag meer wil gee as die gewone aanpakwyse. Dit is beslis ʼn ongewone, maar tog innoverende, manier van doen om ʼn webskakel te gebruik om aanvullende bronne in ʼn gedrukte boek uit te lig en dit maak hierdie boekdele en die aanpak en uitrol van die projek inderdaad uniek.

    Ons vertrou dat u as gebruiker hierdie aanpak nuttig sal vind en dat dit as stimulus vir verdere kontrole, of selfs studie of navorsing sal kan dien. Ons kry ook graag u terugvoer hieroor.

    Ons bedank Eben Lingenfelder wat hom bereid verklaar het om die werk verbonde aan die ontwerp en onderhou van die webblad, te onderneem.

    Wannie Carstens & Edith Raidt

    25 Oktober 2017