Gebruikswenke

Omdat die bronne oor die historiese taalkunde asook oor die geskiedenis van Nederlands en van Afrikaans so talryk en ook so uiteenlopend is, is in die aanvullende lys op die webblad talle ekstra bronne ter ondersteuning van die reeds genoemde bronne vir ’n afdeling of onderafdeling aangegee.

Dit kan geraadpleg word deur potensiële lesers wat graag bevestiging vir feite of stellings sou wou kry of selfs meer van die betrokke afdeling se inhoud sou wou weet.

Gaan soos volg te werk hiermee:

1. Die toepaslike aanvullende bron(ne) word per afdeling aangedui.

2. As u die afdeling in die boek self gelees het en meer bronne wil raadpleeg as wat daar staan, gebruik u gewoon die afdelingnommer (soos: afdeling 3.4 Die rol van Engels: wêreldtaal of nie? in hoofstuk 3) en gaan dan met u muis na daar waar dit op die webblad (storievanafrikaans.co.za) staan.

3. Om uit te kom waar u wil wees, kliek u op HOOFSTUK (omdat die onderafdeling in hoofstuk 3 is). U sal outomaties geneem word na die hoofstuk en dan volg u gewoon die nommers tot u kom waar u wil wees. Dit mag ʼn tydjie neem, maar dit is wel maklik bereikbaar.

4. Let wel dat hier twee soorte addisionele bronne opgeneem is en die aard van die bron sal bepaal wat u daar aantref

  • Bronne wat reeds in die betrokke boekdeel se Bronnelys opgeneem is
  • Nuwe bronne.
  • 5. In die geval van bronne wat reeds tydens die skryfproses in die Bronnelys van die betrokke deel opgeneem is, sal u bloot die naam van skrywer/samesteller van die bron (soms met die voorletters by ter verdere onderskeiding van ander outeurs met dieselde van), die jaartal, die titel van die bron en waar moontlik ook die toepaslike bladsynommers kry, soos in die volgende voorbeelde:

    • Van Bree 2004. Zuid-Hollands. Hollands tussen Ij en Haringvliet.
    • Van Bree 2014. “Is het Fries een taal?” (In Van Bree 2014a: 268-284)
    • Die volledige verwysingsinligting sal dan in die Bronnelys in die boek self gevind kan word.

    6. Die bronne wat nuut bykom, sal die volledige bibliografiese inligting hê omdat dit eers opgespoor is nadat die boekdeel as boek verwerk is. Van hierdie bronne is ook nie kernbronne nie, maar dikwels net ter verdere steun van ʼn bepaalde stelling of argument. Dit word dan soos volg aangedui (voorbeelde van ʼn e-bron, ʼn artikel in ʼn tydskrif en ʼn boek):

    • Van den Berg, R. & G. Wijngaards 2017. Expeditie Boer Zoekt Vrouw. Geplaas 15. Aug. 2017. http://www.neerlandistiek.nl/2017/08/expeditie-boer-zoekt-vrouw/
    • Tollebeek, J. 2017. Een onmogelijk boek. Bij de voltooiing van de Geschiedenis van de Nederlandse literatuur.  Ons Erfdeel, 60(1): 20-27.
    • Van den Berg, W. & P. Couttenier 2009. Alles is taal geworden (19de eeuw). Amsterdam: Bert Bakker.

                    Hiermee het u as leser dan die inligting wat u kan gebruik om self die bron te kan opspoor. 

    1. So maklik soos dit!

    Ons vertrou dat u die toegang tot die inligting nuttig sal vind in u omgaan met die inhoud van die boek.