Addisionele verwysings en teksgedeeltes – BOEK 1


Die veld wat deur die boek gedek word, betrek ʼn uitgebreide literatuur en dit is derhalwe onmoontlik om alle geraadpleegde bronne in die teks van die boek aan te dui daar waar dit ter sake is.

Daar is gevolglik besluit om ʼn ruimte te ontwikkel waar die toepaslike bronne per afdeling wel aangedui kan word sodat dit deur potensiële lesers wat graag bevestiging vir feite of stellings sou wou kry of meer van die betrokke afdeling se inhoud sou wou weet, geraadpleeg kan word.

Vandaar hierdie ietwat ongewone manier van doen om ʼn webskakel te gebruik om aanvullende bronne in ʼn gedrukte boek uit te lig.

Slegs enkele kernbronne word aan die einde van ʼn afdeling in ʼn hoofstuk aangedui. Die res van die tersaaklike bronne kom op hierdie webruimte voor.

Hierdie ruimte bring ʼn verdere voordeel mee, naamlik dat nuwe bronne voortdurend bygevoeg kan word. Dit gebeur ook ruimskoots sodat daar ʼn konstante stroom van nuwe publikasies is.

Lees asb. net weer die Inleidende deel tot hierdie webblad asook die Gebruikswenke voordat u u inligting begin soek.