Tuis

Die storie van Afrikaans: uit Europa en van Afrika. Biografie van ʼn taal.

WAM Carstens & EH Raidt

Uitgewer: Protea Boekhuis, Pretoria  – www.proteaboekwinkel.co.za


Boek 1

Die storie van Afrikaans is die biografie van Afrikaans soos dit op drie kontinente ontwikkel het: in Europa (waar die ontwikkeling van Nederlands as die basisvorm van Afrikaans gedokumenteer en uitgebeeld word), in Afrika (waar die 17de-eeuse Hollandse dialek met verloop van tyd onder eiesoortige omstandighede en onder invloed van verskeie faktore uiteindelik volwaardig Afrikaans geword het) en in Asië (waar die impak van die taal van die slawe die wordende Afrikaans beïnvloed het tot die vorm wat dit wel geword het).

Die outeurs gee aan die hand van talle illustrasies oor bepalende gebeure wat Afrikaans en sy sprekers geraak het ’n nuwe, meer omvattende en inklusiewe blik op Afrikaans se ingewikkelde verlede. 

Hoofstukke:

Publikasiedatum:

1-11

Okt 2017


Boek 2

Die geskiedenis van Afrikaans het laagte- en hoogtepunte en dit is 'n storie wat tot op hede nog nie behoorlik vertel is nie omdat soveel elemente en gebeure nog nie na behore betrek is nie of bloot afgeskeep is. Afrikaans het nie “sommer net” ontstaan nie, maar is oor jare geslyp en geskaaf tot wat dit vandag is.

Die taal het ’n unieke pad van wording geloop. Die outeurs probeer die agtergrond skets van hierdie pad en ook van die breë spektrum sprekers omdat húl keuses, optredes, gebruike en besluite ten nouste met die taal in al sy vorme verweef is.

In deel 2 word meer van hierdie pad vertel, oor hoe die land en taal deur gebeure verbind word en ook oor hoe die pad vir Afrikaans vorentoe kan loop.

Hoofstukke:

Publikasiedatum:

12-24

Maart 2019


Hoofstukke

  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
storie van afrikaans boek 2

Gebruiksaanwysings

Hierdie publikasie bestaan uit twee afsonderlike boeke. Elke boek word apart hanteer.

Waar kan ek die boek koop?

Bestel u eksemplaar aanlyn by https://www.proteaboekwinkel.com/ of by u naaste boekwinkel.